Beefmaster SA | Droughtmaster

Die Beefmaster / Droughtmaster Konneksie

UITTREKSELS UIT DIE Farmer’s Weekly

14 SEPTEMBER 2012
Met erkenning aan Mr. Graham Hart

'n Groep Beefmastertelers (Dennis Staal, Dr Willie Nel, Johan van der Nest en Graham Hart) het 'n aantal Droughtmastertelers in Queensland gedurende 1999 besoek onder leiding van die destydse Droughtmaster rasdirekteur, Neil Donaldson.

Hulle doel was om eerstehands kennis van die ras in te win, die omstandighede waarin geboer word en bulle waarvan semen beskikbaar is vir Suid-Afrikaaanse gebruik, geskik is.

Droughmaster Breed

ONTWIKKELING VAN DIE DROUGHTMASTER RAS

Die Droughtmaster is in Queensland ontwikkel vir dieselfde redes en wat gebaseer is op dieselfde beginsels as die Beefmaster. Monty Atkinson, die stigter van die Droughtmaster, het 'n vleisbees wat aangepas is by die trope, bosluise kon hanteer en goeie vleiskwaliteite het, benodig. Die Australiërs het baie streng veeartsenykundige beheermaatreëls in plek om die verspreiding van nuwe siektes na hulle land te voorkom. Die magtiging vir invoer van Brahmane gedurende 1931 het Atkinson en ander in staat gestel om hulle teelprogram te verbreed en sodoende die beste eienskappe van die Brahman en Britse beesrasse te kombineer.

Atkinson het met Tom Lasater, die stigter van die Beefmaster gekorrespondeer en hulle het idees tydens oor die vroeë ontwikkeling van hul onderskeie beesrasse uitgeruil. Na 'n besoek aan Lasater en 'n meningsverskil oor patentregte vir die “Beefmaster” naam, het die Australiërs besluit om hul nuwe ras Droughtmaster te noem en 'n telersgenootskap is gedurende 1962 gestig.

INDRUKKE – TOESTANDE WAARONDER DIE DROUGTMASTERS AANGEHOU WAS

Die kuddes wat hulle besoek het, was groot kuddes en het op aangeplante weiding geloop, meestal bloubuffelsgras (Cenchrus cilaris) wat uit Suid-Afrika ingevoer is en in 'n uitstekende toestand was.

Hulle het die bloubuffelsgras meestal gevestig op grond waar die inheemse Australiese struikagtige peulgewas, brigalow (Acacia harpophylla) voorheen gegroei het. Die areas is skoongemaak en met bloubuffelsgras gevestig. Hierdie grond was baie vrugbaar en geen bemesting was nodig nie. Een teler, ene mnr Childs, het gesê dat hy nie nodig sou hê om vir 20 jaar te bemes nie! Die Suid-Afrikaners kon dit kwalik glo, baie kunsmis sou nodig wees om dieselfde resultaat in SA te bereik. Een boer wat hulle besoek het die stikstofvlak gehandhaaf deur rye boomlusern (Leucaena leucocephala) in die weiding aan te plant.

GROTER RAAM BEESTE

Die Droughtmaster koeie wat hulle gesien het, was vroulik, met „n gladde haarkleed en goeie kalwers by hulle. Hulle het oor die algemeen groter rame as Suid- Afrikaanse vleisbees koeie. Die besoekers moes in gedagte hou dat hulle „n hoër vlak van voeding geniet het.

Die bulle, meestal poenskop, was ook indrukwekkend met hul gladde, blink rooi kleur en goeie bespiering. Die Suid-Afrikaners se keuse van bulle vir plaaslike toestande was egter beperk deur oormatige skedes in andersins goeie diere. Die belangrike Japannese mark het verder swaar, goed gemarmerde karkasse vereis, wat aanleiding gegee het tot 'n neiging by Australiërs om te sellekteer vir groter, later volwasse diere

Ten spyte van hierdie beperkinge, was die Suid-Afrikaners tog in staat om 'n paar uitstekende vroegryp mediumraam bulle met skoon skedes te identifiseer om die SA Beefmaster te komplimenteer.

AANSOEK OM DIE INVOER DROUGTMASTER GENETIKA

Die Beefmaster Genootskap in SA het aansoek gedoen by die destydse Registrateur van Veeverbetering, Keith Ramsey, vir die eksklusiewe reg om Droughtmaster semen in te voer. Dit is gedurende 1997 toegestaan op die voorwaarde dat die nageslag aangeteken sou word as Beefmasters, aangesien hy nie bereid was om twee beesrasse met sulke soortgelyke name te registreer nie. Daaropvolgende besoeke aan Australië deur ander Beefmastertelers het aanleidig tot verdere semeninvoere gegee.

INSLUITING VAN DROUGTMASTER GENETIKA BY SA BEEFMASTER

In totaal is daar semen van sewe Droughtmaster bulle ingevoer en heelwat Beefmastertelers het dit in hulle kuddes gebruik. Die SA Beefmaster is onbeskaamd 'n ras wat voortdurend ontwikkel. Die SA Beefmaster beskik oor 'n breë genepoel. Die genepoel word onderwerp aan die Lasater filosofie en beginsels van seleksie. Hoë seleksiedruk word deurlopend toegepas om te verseker dat slegs die diere wat die beste aangepas is vir Suid-Afrikaanse toestande, oorleef.

Die Beefmaster beginsel is gebaseer op die oorlewing van die sterkste, derhalwe word die beste beeste in die kudde behou en die swakker diere word uitgeskot.

Die belangrikste van alles is sekerlik dat ons hierdie genepoel gebruik om beeste te selekteer wat die meeste wins maak, in 'n kommersiële omgewing.

INVLOED OP SA BEEFMASTER

Die gebruik van Droughtmaster semen het die SA Beefmaster se genepoel verbreed, spesifiek die poenskop faktor en soliede rooi kleur. Hoewel die rooi kleur nie 'n voorvereiste in die SA Beefmaster is nie, verkies ons beesboere rooi diere. Hierdie voorkeur van ons boere het daartoe gelei dat die SA Beefmasters alreeds oorwegend „n soliede rooi kleur vertoon.

GEVOLGTREKKING

In 'n onlangse studie (in 2013) deur Charl Hunlin en Lezanne Bonthuys van die SA Stamboek-vereniging is aangedui dat slegs 2,37 % van die huidige Beefmasters wat by SA Stamboek geregistreer is, deur die sewe Droughtmaster bulle wat ingevoer is beïnvloed is en dat hulle derhalwe 'n taamlik beperkte impak gehad het.

Die toepassing van die Lasater filosofie d.w.s. seleksie vir die ses ekonomiese belangrike eienskappe het Suid-Afrikaanse boere bygestaan om die gewenste eienskappe wat hulle beoog het, te behou en terselfdertyd die ongewenste eienskappe soos oormatige skedes, laat volwasse diere, fyner beenstruktuur en diesmeer uit te skakel.

Dit beklemtoon weer eens die belangrikheid van deurlopende seleksiedruk en seleksie slegs vir die vereiste ekonomiese belangrike eienskappe naamlik vrugbaarheid, temperament, gewig, bouvorm, aanpasbaarheid en moedersorgvermoeë.

 



Press Release by the Beefmaster Cattle Breeder’s Society of SA

The whole issue regarding the so-called Droughtmaster is confusing beef breeders, especially commercial breeders not well informed on the Act and the disciplined way breeding and breeds are managed in South Africa. According to the General Manager of SA Stud Book, they are receiving enquiries from breeders who have read about this "new breed", asking whether they will be able to register the animals with Stud Book.This is however not possible because the Droughtmaster is not a declared breed in South Africa and therefore, according to the Animal Improvement Act, may not be registered by a Registering Authority.

Some history may be useful to help clear any confusion. The Beefmaster Cattle Breeders’ Society obtained permission from the Registrar of Animal Improvement in 1997 that Droughtmaster (the Austalian Beefmaster) genetics would be allowed to be imported and used only by Beefmaster breeders, on condition that the progeny would be registered as Beefmasters, not Droughtmasters. Any intended importation of “Droughtmasters” has furthermore to be submitted to the Beefmaster Society for approval and a recommendation to the Registrar of Animal Improvement.

Droughtmaster bulls such as Wingfield Rocket, Wingfield Blarney (Wrinkles), Glenlands Harry and Fancy Boy were used in Beefmaster herds from the late 1990’s and breeders can contact the Beefmaster Office in Parys for pedigree or any other information.

The Registrar of Animal Improvement, Mr M J Mamabolo sent the following e-mail to Dr Pierre Van Rooyen, General Manager of S A Stud Book on 24th April 2013:

“This is to inform you that in terms of Article 2 of Animal Improvement Act,1998 (Act 62 of 1998) the so called Droughtmaster breed is not recognised in South Africa nor do we have any records of such breed in our database (INTERGIS) at this stage.”

 

Beefmaster SA

Oor Ons
Raad
Nuus
Gebeure


 

Kontak Ons

T: 051 410 0935
C: 083 417 7047
E: beefmastersa@stemma.co.za


COPYRIGHT © BEEFMASTER SA. WEBSITE, SEO & CMS BY QUICKSOLVE INTERNET