Beefmaster SA | Rasgemiddeldes

Produktiewe Beefmaster Koeie


Kommersiële beesboere geniet die bespreking van die voor en nadele van die verskillende bees rasse rondom die braai en elders en die argumente is meestal gebaseer op individuele voorkeure en afkeure. Alhoewel jy lief moet wees vir die diere waarmee jy boer, moet jou keuse van 'n ras nie heeltemal subjektief wees nie.

Ons wil almal 'n wins maak op ons plase en daarom moet beesvleis doeltreffend geproduseer word. Dit maak nie saak of jy speenkalwers produseer op soetveld, suurveld of enige kombinasie van veldtipes, aangeplante weiding en landerye nie, doeltreffende produktiewe koeie is die hoeksteen van enige winsgewende beesvleis onderneming. Die eerste telers van Beefmasters, het vorendag gekom met wat beskou is as die "Ses essensiële eienskappe" van winsgewende beesvleisproduksie. Hulle is alom bekend en is: vrugbaarheid, temperament, gewig, bouvorm, gehardheid en melkproduksie.

Uittreksel uit SA Stamboek se Jaarverslag - 2016
BREED BIRTH WEIGHT WEANING WEIGHT COW AT WEANING COW EFFICIANCY % AGE FIRST CALVING INTER CALVING PERIOD
Angus 34.0 224.1 541 41.4 31.3 418.6
Beefmaster 33.8 224.5 509 44.1 30.6 404.6
Bonsmara 34.3 210.3 506 41.6 31.4 413.7
Boran 28.8 185.8 423 43.9 33.6 436.5
Drakensberger 34.1 220.1 507 43.4 34.1 424.1
Hereford 36.4 201.7 568 35.5 31.9 391.3
Nguni 25.8 148.3 366 40.5 32.3 415.4
Sussex 37.2 216.1 585 36.9 32.4 408.3
Tuli 30.8 176.6 429 41.2 34.9 423.0

 


 

Beefmaster SA

Oor Ons
Raad
Nuus
Gebeure


 

Kontak Ons

T: 051 410 0935
C: 083 417 7047
E: beefmastersa@stemma.co.za


COPYRIGHT © BEEFMASTER SA. WEBSITE, SEO & CMS BY QUICKSOLVE INTERNET